Skip to content

Tennis: Halep onttrek aan Australiese Ope weens besering

# Tennis: Voormalige wêreld nommer een, die 33-jarige Simona Halep van Roemenië het onttrek aan volgende maand se Australiese Ope, sowel as die opwarmingstoernooi in Auckland, Nieu-Seeland. Sy wou weer op koers kom na ‘n skorsing vir die gebruik van ‘n verbode middel. Dit het haar posisie op die wêreldranglys skerp laat daal en sy was ‘n promotorskeuse vir die jaar se eerste Grand Slam-toernooi in Melbourne. Halep sukkel met knie- en skouerprobleme. Sy en haar span het besluit dis beter om die begin van haar seisoen uit te stel.