Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Tennis: Foutlose Sinner blink uit en wen Miami Ope

# Tennis: Jannik Sinner het Grigor Dimitrov Sondag met 6-3, 6-1 oorrompel om die Miami Ope die eerste keer te wen. Die 32-jarige Bulgaar, wat hierdie seisoen ʼn oplewing in sy loopbaan beleef, kon nie hond haaraf maak teen die Italianer se foutlose spel nie. Sinner het 88-persent van die punte op sy eerste afslaan ingepalm en 15 kishoue aangeteken om die titel in Suid-Florida te buit, nadat hy in 2021 en 2023 die naaswenner was. Sinner het 25 van sy laaste 26 wedstryde gewen en nog net drie keer verloor sedert die Amerikaanse Ope verlede jaar.