Skip to content

Tennis: Eala skiet op na 75ste op wêreldranglys na skittervertoning in Miami

# Tennis: Die jong Filippynse ster, Alexandra Eala, het van 140ste na 75ste op die wêreldranglys opgeskiet na haar skittervertoning op die Miami Ope in Amerika. Die 19-jarige produk van die Rafael Nadal-akademie in Spanje het drie Grand Slam-kampioene verslaan op pad na die halfeindronde, waar sy verloor het teen Jessica Pegula van Amerika, wat in die eindstryd vasgeval het. Die kampioen in Miami, Aryna Sabalenka van Belarus, bly nommer een, gevolg deur Iga Swiatek van Pole en drie Amerikaners – Coco Gauff, Pegula en Madison Keyes.