Skip to content

Tennis: Djokovic sak terug na derde plek op wêreldranglys na onttrekking aan Franse Ope

# Tennis: Daar is verskeie veranderings onder die top-tien op die mans-wêreldranglys na die Franse Ope. Jannik Sinner van Italië en die kampioen, Carlos Alcaraz, het Novak Djokovic van Serwië verbygesteek, wat afgesak het na derde plek nadat hy voor die kwarteindronde moes onttrek. Alexander Zverev van Duitsland, wat teen Alcaraz verloor het, bly vierde, gevolg deur die Russe Daniil Medvedev en Andrey Rublev, Casper Ruud van Noorweë, en Hubert Hurkacz van Pole. Die Australiër Alex de Minaur het opgeskuif na negende, met Grigor Dimitrov van Bulgarye tiende.