# Tennis: Die Serwiër Novak Djokovic en Italianer Jannik Sinner is deur na die halfeindronde van die ATP-jaareindtoernooi in Turyn. Die wêreld-nommer-een, Djokovic, het die Pool Hubert Hurkacz met 7-6, 4-6 en 6-1 verslaan en het Sinner se oorwinning nodig gehad om na die laaste vier deur te dring. Sinner het Holger Rune van Denemarke met 6-2, 5-7 en 6-4 geklop om met drie seges in drie wedstryde boaan die Groen-groep te eindig. Die Rus, Daniil Medvedev, het intussen reeds vir die halfeindronde gekwalifiseer terwyl Carlos Alcaraz van Spanje en die Duitser Alexander Zverev albei nog uit die Rooi-groep kan kwalifiseer.
Tennis: Djokovic en Sinner deur na halfeindronde van ATP-jaareindtoernooi