# Tennis: Die bestuursliggaam vir beroepsmanspelers, die ATP, het bevestig 23,7-miljoen-rand is vanjaar uitgebetaal ingevolge sy finansiële sekerheidsprogram. Die geld is onder 26 spelers verdeel. Die program waarborg ‘n minimum-inkomste vir sommige spelers onder die wêreld se voorste 250 wat nie groot bedrae geld soos die topvlak-spelers verdien nie, en slegs op toernooi-verdienste staatmaak. Die program is na Covid-19 ingestel toe die seisoen tydelik gestaak is, wat ernstige geldelike probleme vir talle spelers veroorsaak het.
Tennis: ATP help beroepspelers wat geldelik sukkel met ‘n gewaarborgde minimum-inkomste