# Tennis: Andy Murray het baklei vir sy eerste oorwinning sedert 2017 by die Australiese Ope met ‘n epiese sege in vyf stelle oor die 21ste gekeurde Nikoloz Basilashvili. Die nuusagentskap AFP berig die driemalige Grand Slam-kampioen, wat met ‘n metaalheup speel ná ‘n operasie in 2019, het byna vier ure lank met die Georgiër gestoei voordat hy sy plek in die tweede ronde kon bespreek. Die Skot, wat noommer 113 op die ranglys is, se kenmerkende veggees het na vore gekom en hy het in die aangrypende laaste stel ‘n oorwinning van 6-1, 3-6, 6-4, 6-7, 6-4 beklink.