# Tennis: Die wêreld se twee topspelers, die Spanjaard Carlos Alcaraz en die Italianer Jannik Sinner, sal volgens berigte aan die begin van 2026 se seisoen ‘n vertoonwedstryd in Suid-Korea seel. Tydens vorige wedstryde het spelers soos Rafael Nadal en Roger Federer, Novak Djokovic en Andy Roddick, en Venus Williams en Maria Sharapova teen mekaar gespeel. Die wedstryd sal op die 10de Januarie in Seoel plaasvind. Alcaraz het tot dusver 10 uit sy 15 ontmoetings met Sinner op die ATP-toer gewen.
Tennis: Alcaraz en Sinner speel vertoonwedstryd in Seoel in Januarie