Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Tennis: Alcaraz droom van ‘n wedywering soos dié van Roger en Rafa

# Tennis: Wêreld nommer-twee, Carlos Alcaraz, sê hy droom om deel te wees van ‘n wedywering soos dié tussen Roger Federer en Rafael Nadal. Die tweestryd tussen die Switser en die Spanjaard word as die grootste nog beskou. Alcaraz, ook van Spanje, sê dit het hom geleer jy moet altyd jou spelpeil verhoog. Hy en die Italianer, Jannik Sinner, word tans as die opwindendste volgende generasie- spelers beskou, met albei wat vier van hul agt vorige kragmetings gewen het. Hulle kan volgende in die Miami Ope teen mekaar speel.