# Nederlandse polisie het waarskuwingskote afgevuur nadat ‘n betoging teen Covid-19-inperkings gisteraand in Rotterdam uitgebreek het. Ten minste sewe mense, insluitend polisiebeamptes is beseer. Nederland het sekere inperkings-maatreëls heringestel om ‘n vierde vlaag van die koronavirus te beperk. ‘n Polisiewoordvoerder, Patricia Wessels, het bevestig hulle het ook direk op betogers geskiet omdat menselewens in gevaar was. Wetstoepassers het noodmaatreëls in die stad aangekondig, openbare vervoer gesluit en mense beveel om huis toe te gaan. ‘n Waterkanon is ook gebruik om honderde betogers uit ‘n straat in dié hawestad te verdryf.