# Telecom Namibia het diensonderbrekings in vaste stem- en datadienste in sekere gebiede van Windhoek, Katima en Okahandja aangemeld. Die ontwrigtings is weens voorvalle van kabeldiefstal wat die infrastruktuur raak. Telecom Namibia se uitvoerende hoof, Stanley Shanapinda, het skrootmetaalhandelaars gewaarsku teen die aankoop van gesteelde koperkabels en het vervoeroperateurs versoek om nie onwettige koperprodukte te vervoer nie. Shanapinda het beklemtoon om koper van die nasionale telekommunikasienetwerk te steel, is onwettig en is ‘n misdaad:
Telecom Namibia worstel met toenemende kwessie van telekommunikasie-infrastruktuur-vandalisme [KLANK]