# Tegnici van City Power gee aandag aan ‘n kragonderbreking in Witpoortjie, wes van Johannesburg, weens kabeldiefstal. Die onderbreking het om en by vieruur vanoggend gebeur en raak kliënte in Witpoortjie, Globler Park en omgewing. ‘n Span is tans op die toneel besig om die kabel te vervang. Hoe lank herstelwerk gaan duur, kan nog nie bepaal word nie. Nuwe inligting sal so gou moontlik deurgegee word aan kliënte wat geraak word. City Power vra verskoning vir enige ongerief.