# Die Observatory-burgerregtevereniging en die Goringhaicona Khoi Khoin Inheemse Tradisionele Raad sou môre die hof nader vir ‘n interdik teen die River Club-ontwikkeling in Kaapstad. Dit is ‘n kommersiële kompleks van 150-duisend vierkante meter wat vir die multinasionale Amazon-maatskappy gebou word. ‘n Woordvoerder van die raad, Tauriq Jenkins, sê die adjunk-regterpresident, Patricia Goliath, het siek geword en ‘n nuwe hofdatum moet nog vasgetel word. Jenkins sê dit is kommerwekkend, want hoe langer die saak uitgestel word, hoe verder vorder die bouwerk.