# Meer as 12 mense word vermis nadat ‘n toeristeboot in die Rooisee gesink het naby die kus van Egipte. Die Sea Story het passassiers op ‘n duik-uitstappie vervoer en daar was 45 mense op die boot, insluitend 31 toeriste van verskeie lande, en 14 bemanningslede. Die goewerneur van die Rooisee-streek sê owerhede soek na vermistes nadat minstens 28 mense gered is. Die Egiptiese Weerdiens het Saterdag ‘n waarskuwing uitgereik oor onstuimige seetoestande in die Rooisee.
Talle mense vermis nadat toeristeboot langs Egiptiese kus sink