Skip to content

Taakspan stel strenger kriteria voor vir aanstelling van skoolhoofde

# ‘n Taakspan van die Raad op Onderwys-arbeidsverhoudinge het strenger kriteria voorgestel vir die aanstelling van skoolhoofde om bestuursgehalte te verbeter. Volgens die nuwe voorstel moet kandidate vir skoolhoofposte minstens sewe jaar onderwys-ondervinding hê, wat drie jaar insluit as ‘n adjunkhoof of vyf jaar as ‘n departementshoof. ‘n Onderwyser kan tans bevorder word tot skoolhoof sonder bestuursondervinding. Die voorstel sal Vrydag bespreek word op die raad se vergadering.