# Swem: Die 22-jarige Rebecca Meder het die Afrika-rekord in die 200-meter individuele wisselslag verbeter op die Wêreld-kortbad-kampioenskap in Boedapest, Hongarye. Die Suid-Afrikaner het sesde geëindig in die eindronde in ʼn tyd van twee-minute-5,61-sekondes. Die vorige rekord van twee-minute-6,3-sekondes wat Kirsty Coventry van Zimbabwe in 2008 opgestel het, het langer as 16-jaar gestaan. Ruard van Renen is deur na die eindronde van die mans 100-meter rugslag nadat hy vierde gekom het in sy uitdun. Chad le Clos kon nie verder vorder as die uitdunne van die 50-meter vlinderslag nie.
Swem: Rebecca Meder van Suid-Afrika laat spat Afrika-rekord van 16 jaar in Boedapest