Skip to content

Swede teken koudste nag in 25 jaar aan

# Swede het gister sy koudste Januarie-nag in 25 jaar aangeteken met ʼn lesing van minus 43,6-grade Celsius in die verre noorde, toe skielike koue die land en die naburige Finland getref het. ʼn Temperatuur van minus 49-grade is in Januarie 1999 in Swede aangeteken, wat die rekord van 1951 geëwenaar het. Verskeie ander weerstasies het temperature van laer as minus 40-grade in die noordelike dele van Swede aangeteken.