# Die Handelsmisdaadhof in Bethlehem in die Vrystaat het swaar vonnisse opgelê aan agt mense wat skuldig bevind is aan bedrog en korrupsie. Die polisie het in November 2012 inligting gekry oor onwettige bedrywighede deur polisielede, immigrasie-amptenare van Binnelandse Sake en ‘n werker by Hawegesondheid. Hulle het gewerk by Caledonspoort in die Fouriesburg-distrik. Die woordvoerder van die Valke, Christopher Singo, sê hulle het vergoeding geëis van burgers van Lesotho wat nie wettige dokumente gehad het nie:
Speel klankgreep: ENGChristopherSingo