# Vyf sukkelende munisipaliteite in die Vrystaat gaan onder die provinsie se sorg geplaas word. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het premier Sisi Ntombela in kennis gestel dat hy die munisipaliteite Tokologo, Matjhabeng, Maluti-a-Phofung, Mafube en Kopanong onder administrasie plaas. Die Mangaung-metro en die Metsimaholo plaaslike munisipaliteit sal steeds onder provinsiale sorg bly. Volgens die Nasionale Tesourie gaan daar ingegryp word by 43 munisipaliteite wat nie behoorlik funksioneer nie.