# SA Suikerrietboere en die Suid-Afrikaanse Boere-ontwikkelingsvereniging vra die regering om suikerbelasting op te hef en waarsku dit kan die suikerrietbedryf verwoes. Hulle voer aan as die huidige belastingmoratorium nie verleng of uitgeskakel word nie, kan tot 25-duisend boere hul lewensbestaan verloor, wat talle gesinne in armoede kan dompel. Die vereniging se woordvoerder, Nondumiso Mlondo, sê dit is noodsaaklik vir beleide om ooreen te stem met die meesterplan vir die suikerriet-waardeketting ter wille van die bedryf se herstel en bestendigheid.
Suikerriet-boereverenigings vra die regering om suikerbelasting te skrap