# Die mandaat en vordering van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se optrede in Mosambiek is bo-aan die agenda vir môre se eerste beraad van staats- en regeringshoofde van die SAOG. Hoewel dit nie in ‘n verklaring deur die organisasie bevestig is nie, blyk al die vergaderings op Mosambiek te fokus. Die virtuele beraad volg op sewe vergaderings van verskeie kommittees in aanloop tot die hersiening van die mandaat. Die beraad word gelei deur die president van Malawi, Lazarus Chakwera.