Skip to content

Suid-Koreaanse president bly op die verdediging te midde van nuwe ampsklag teen hom

# Suid-Korea se president Yoon Suk Yeol het sy besluit om krygswet af te kondig, verdedig en sê dit was om die land se demokrasie te beskerm. Die besluit is egter geveto. Dit volg nadat die regerende People Power Party hom skaar by pogings om die president in ʼn staat van beskuldiging te plaas. Yoon het in ʼn onderhoud op televisie gesê hy sal nie regs- en politieke verantwoordelikheid oor die krygswet-afkondiging vermy nie, maar onderneem om tot aan die einde te veg. Die hoofopposisie, die Demokratiese Party, berei ʼn nuwe ampsklagmosie teen Yoon voor.