Skip to content

Suid-Korea se waarnemende president tree op om bondgenote gerus te stel, markte te kalmeer na staat van beskuldiging

# Die waarnemende president van Suid-Korea, Han Duck-soo, het die land se bondgenote gerusgestel en finansiële markte kalmeer, ‘n dag nadat president Yoon Suk Yeol in ‘n staat van beskuldiging gestel is oor ‘n poging om krygswet af te kondig. Die Withuis het bevestig Han het telefonies gepraat met die Amerikaanse president Joe Biden. Die waarnemende president sê Suid-Korea sal sy buitelandse en sekerheidsbeleid sonder ontwrigting uitvoer en daarna streef om seker te maak die land se alliansie met die VSA word standvastig volgehou en ontwikkel.