# Die George-munisipaliteit in die Suid-Kaap doen ‘n dringende beroep op mense om tuis te bly indien moontlik, aangesien swaar reën en uitgebreide oorstromings padsluitings veroorsaak. ‘n Woordvoerder, Athane Scholtz, het motoriste versoek om paaie soos Langenhovenstraat, Hoopstraat, St Marystraat, die R102-Ou Lughaweweg, Fieglandstraat, Borchards, dele van Merrimanstraat en Saasveldweg te vermy. Daar is kragonderbrekings in gebiede regoor die stad waaraan die munisipaliteit tans aandag gee. Die bestuurslisensie-toetssentrum is tans gesluit.