# Motoriste in George in die Suid-Kaap het nog tot Woensdagmiddag geleentheid om die munisipaliteit se aanbod te aanvaar vir ‘n gratis tien-punt nagaan van voertuie. ‘n Woordvoerder, Chantel Klose-Barnard, sê voertuie moet na hul dienssentrum in Hiberniastraat geneem word op ‘n eerste-kom-eerste-diens voorwaarde. Die toets, wat ligte en die remstelsel insluit, duur tien minute. Sy het ‘n beroep op motoriste gedoen om van die geleentheid gebruik te maak vir ‘n veilige reis.