# Agri Wes-Kaap sê boere is dankbaar vir die swaar reën in die Suid-Kaap, ten spyte van die vloede. Hoof- uitvoerende beampte Jannie Strydom sê dit is hartseer dat dorpe oorstroom is, maar die opvolgreën is baie welkom in die Klein-Karoo. Hy voeg by baie boere daar het in nege jaar nie goeie reënval gehad nie. Strydom sê selfs boere in Oudtshoorn het nou goeie reën van meer as 50-millimeter gehad.