# Die Brand- en Reddingsdienste in George in die Suid-Kaap is uitgestuur om ‘n gesin te gaan help wat in hul huis in Merrimanstraat, George, vasgekeer is. ‘n Woordvoerder, Athane Scholtz, sê dit is een van vele voorvalle wat by die noodoproepsentrum in George aangemeld is ná swaar reën in die dorp geval en veral paaie erg geraak het. Die munisipaliteit het inwoners aangeraai om nie vloeiende water met hul motor te probeer oorsteek nie en indien die owerhede hul aanraai om hul huise te ontruim, dit dadelik te doen.