Skip to content

Suid-Afrikaners versoek om benoemings vir die International Pride-toekennings in te dien

# Suid-Afrikaners word versoek om LGBTIQ+-persoonlikhede te benoem vir die eerste International Pride-toekennings. Die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram en die Internasionale Lesbiese, Gay, Biseksuele, Trans- en Interseksvereniging het die toekenning bekendgestel. Die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram-raadgewer, Jeffrey O’Mallay, sê hierdie projek vier LGBTIQ+-gelykheidshelde. O’Mallay beklemtoon die behoefte om diegene te erken wat veg teen diskriminasie, marginalisering, geweld, opsluiting en selfs lewensverlies. Die wenners sal op 13 November in Kaapstad aangekondig word, tydens ‘n spesiale geleentheid van die 31ste ILGA Wêreldkonferensie.