Skip to content

Suid-Afrikaanse Vriende van Israel vra nuwe minister van Buitelandse Sake wat nie ANC-lid is nie

# Die beweging, Suid-Afrikaanse Vriende van Israel, sê ná jare van diplomatieke flaters en ideologiese verleentheid het die ANC bewys hy kan nie vertrou word om die land internasionaal te verteenwoordig nie. Hy eis dat die ANC die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking se beheer aan ʼn regering van nasionale eenheid oorhandig. Bafana Modise van die beweging sê ʼn nuwe minister van Buitelandse Sake sal aan landsburgers en vennote wêreldwyd wys Suid-Afrika is ernstig oor die herbou van sy integriteit, beleggingswaarde en globale verhoudings.