# MultiChoice Suid-Afrika het die aansoekproses geopen vir sy 20-miljoen-rand-beursskema vir die 2022 akademiese jaar. Die bestuurshoof, Nyiko Shiburi, sê die beursskema het ten doel om ongeveer 200 studente te help. Dit is gemik op studente in alle studiejare, en ook studente wat hul eerste nagraadse studie doen in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese of wiskunde. Shiburi sê dié studievelde is gekies omdat tegnologiese ontwikkeling voortsnel en daar ‘n kritieke behoefte is aan ‘n dinamiese arbeidsmag in dié velde.