# Die Suid-Afrikaanse Sionistiese Federasie veroordeel die Internasionale Strafhof se lasbriewe vir die inhegtenisneming van die eerste minister van Israel Benjamin Netanyahu en die voormalige minister van Verdediging Yoav Gallant. Die woordvoerder Rolene Marks beskryf die stap as ongegrond en polities gemotiveerd. Marks wys op foute oor jurisdiksie en sê Israel is nie ‘n lidstaat van die Strafhof nie. Sy sê ook die stap is ‘n verbreking van die soewereine reg tot selfverdediging en die ondermyning van internasionale reg, en kritiseer die hof omdat hy Israel se selfverdediging as terreurdade beskryf.
Suid-Afrikaanse Sionistiese Federasie veroordeel Strafhof se lasbrief vir inhegtenisneming van Netanyahu en Gallant