# Die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders het ‘n aansoek ingedien om te appelleer teen die Hooggeregshof in die Vrystaat se beslissing oor die gewese hoof van Grey Kollege. ‘n Woordvoerder sê die beslissing wys ‘n raadsbesluit van die hand dat die gewese hoof van die vooraanstaande seunskool, Deon Scheepers, voor ‘n tugverhoor verskyn. Die skool se beheerliggaam het in 2018 ‘n klag teen Scheepers by die raad ingedien. Scheepers het dit in die hof betwis en sy saak teen die raad gewen. Hy gaan die raad se nuwe regsoptrede ook teenstaan.