# Die Afrika Ietermagog-werksgroep sê hulle is opgewonde om aan te kondig dat hulle veldbestuurder in Limpopo, Francois Meyer, aanvaar is as lid van die Internasionale Natuurbewaringsunie se ietermagog-spesialisgroep. ‘n Woordvoerder sê dis ‘n groot eer omdat mense slegs lede kan word indien hulle deur die groep se voorsitter uitgenooi word. Hy sê Meyer se liefde vir die ietermagog, sy navorsing en toewyding aan hulle oorlewing, maak hom ‘n ideale lid van die groep. Meyer sê dis ‘n eer en nogal ‘n belewenis om met dié spesie te werk.