Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Energieraad SA ondersteun regering se verbintenis tot groen ekonomie

# Die Energieraad van Suid-Afrika sê hy ondersteun die regering se ernstige verbintenis om deur die Parys-ooreenkoms en voornemende nasionale uitlaatgas-wetgewing na ʼn groen ekonomie oor te skakel. Die raad het onlangs lid geword van die globale Wêreld-energieraad wat by die Verenigde Nasies geaffilieer is. Die uitvoerende hoof, James Mackay, sê die vereiste energiehervorming gaan wel ʼn uitdaging wees, maar dis ʼn goeie geleentheid vir ekonomiese groei en skoon nywerhede in Suid-Afrika.