Skip to content

Suid-Afrikaanse beginnermaatskappye gekies vir Ierse Tech Challenge op pad na Ierland

# Vyf Suid-Afrikaanse beginners-ondernemings wat gekies is vir die Ierse Tech Challenge South Africa 2023, gaan na Ierland vir ‘n versnellingsprogram. Dogpatch Labs, ‘n vooraanstaande beginners- en innoveringssentrum in Dublin, is die gasheer en die innoveerders sal toegang kry tot die Ierse tegniese ekostelsel en moontlike befondsingsgeleenthede. Die beginner-ondernemings wat gekies is, sluit in Zoie Health, Pelebox, Foonda Africa, AfroBodies en Desert Green. Ierland se ambassadeur in Suid-Afrika, Austin Gormley, sê die inisiatief toon die hegte samewerking tussen Ierland en Suid-Afrika op die gebied van tegnologie en innovering.