# Die Raad op Geesteswetenskaplike Navorsing het begin met die sesde opname oor MIV se huidige voorkoms, gedrag en kommunikasie. Die woordvoerder van die raad, Khangelani Zuma, sê sowat 930-duisend deelnemers is gekies en sal gevra word om vraelyste volgens hul ouderdom te voltooi. Van hulle sal 65-duisend gevra word om bloedmonsters vir laboratoriumtoetse te verskaf. Zuma sê die raad wil vasstel wat die voorkoms van MIV by volwassenes en kinders is, asook of dié wat positief is, hul medikasie gebruik. Die uitslag sal na verwagting volgende jaar beskikbaar wees.