# Suid-Afrika het die afgelope 24 uur 868 nuwe Covid-19 gevalle aangeteken. Gauteng het die meeste nuwe gevalle, gevolg deur die Wes-Kaap en die Oos-Kaap. Nog 51 Covid-19 verwante sterftes is aangemeld, wat die totale aantal sterftes op 89-duisend-635 te staan bring. Die land se herstelkoers is 96,3 persent. Die Departement van Gesondheid het nou versnelde antigeen-toetse by die Covid-19 statistieke gevoeg. Gesondheidswerkers gebruik hierdie toetse al hoe meer om die virus te diagnoseer.