# Suid-Afrika is aangewys as die derde beste Afrikaland om met kinders te besoek. ʼn Studie deur die toeroperateur, Go2Africa, sê die land het ʼn goed ontwikkelde toerisme-infrastruktuur en word beskou as ‘n veilige reisbestemming vir gesinne. Die Seychelle is die kinder-vriendelikste land in Afrika en die wêreld. Dit spog met die gesins-vriendelikste hotelle, besienswaardighede en restaurante wat dit die voorkeur-reisbestemming vir ouers maak. Marokko is tweede in Afrika met Namibië en Madagaskar onderskeidelik vierde en vyfde.
Suid-Afrika is derde kinder-vriendelikste land in Afrika