# Die presidensiële klimaatsveranderings-kommissie raam Suid-Afrika het naastenby 900-miljard-rand nodig om sy uitstralings-verminderingsteikens teen 2030 te haal. Direkteur Crispian Olver sê daar is ‘n jaarlikse befondsingstekort van sowat 19-miljard-rand. Hy sê sowat 86-miljard-rand is jaarliks nodig. Suid-Afrika het onlangs ‘n Nasionaal-bepaalde Bydrae van tussen 350- en 420- megaton koolstofdioksied-ekwivalent teen 2030 aanvaar. Olver sê sowat 400-miljard-rand gaan waarskynlik toegewys word vir die oorgang van die energiemengsel, 150-miljard vir elektriese voertuie en 150-miljard om belegging in die waterstof-ekonomie ‘n hupstoot te gee.