# Krieket: Die kaptein van Suid-Afrika se A-span, Pieter Malan, sê sy span is vasbeslote om die reeks teen Indië se A-span te wen. Die eerste van drie vierdag-kragmetings tussen die twee spanne begin vandag op die Mangaung-veld in Bloemfontein. Die Suid-Afrikaanse span sluit in Edward Moore van die Warriors, Raynard van Tonder van die Knights en Lutho Sipamla van die Lions. Indië se kaptein, Priyank Panchal, glo sy span is goed gebalanseerd. Die span sluit die aanvangskolwer van die Delhi Capitals, Prithvi Shaw, en die draaibouler Rahul Chahar van die Mumbai Indians in.