# Suid-Afrika het weer ‘n styging in nuwe Covid-19 infeksies nadat die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes gister drie-duisend-357 nuwe gevalle aangemeld het. Vrydag se totaal was twee-duisend-782. Die meeste infeksies kom steeds voor in Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal. Vyf-en-sestig van die pasiënte is in die hospitaal opgeneem. Die Departement van Gesondheid het gister 48 sterftes aangemeld, met agt wat voorgekom het in die mees onlangse siklus. Die totale aantal sterftes sedert die begin van die pandemie staan nou op 95-duisend-817.