Skip to content

Studie onthul wêreldwye hitteverwante sterftes gaan verviervoudig

# ‘n Onlangse studie deur The Lancet Countdown waarsku dat globale hitteverwante sterftes na verwagting met 370-persent sal styg indien aardverwarming nie toereikend beheer word nie. Die studie beklemtoon in die besonder die risiko’s wat verband hou met stygende temperature en uiterste weersomstandighede, wat bydra tot gesondheidsbedreigings en voedselonsekerheid. Die navorsing toon dat bykans 525-miljoen mense wêreldwyd voedselonsekerheid verduur as gevolg van die uitwerking van aardverwarming en dat byna die helfte van Amerikaanse sterftes weens lugbesoedeling aan die verbranding van fossielbrandstowwe toegeskryf kan word.