# Oudpresident Joe Biden word beskuldig dat hy ʼn 2023-verslag weerhou het wat toon dat die uitvoer van Amerikaanse vloeibare aardgas geen betekenisvolle uitwerking op die wêreld se kweekhuisgasvrystellings gehad het nie. Amerika het in 2023 die wêreld grootste uitvoerder geword, onderskraag deur nuwe aanvraag in die Europese Unie, ná Rusland se oorlog in Oekraïne en sy skielike afsny van feitlik alle gasvoorrade. Die Huis-komiteevoorsitter oor oorsig en regeringshervorming, James Comer, sê die Biden-administrasie het Amerikaans-vervaardigde energieproduksie ondermyn om klimaatsaktiviste tevrede te stel.
Studie bevind Amerikaanse gasuitvoere het geen uitwerking op klimaatsverandering nie