Skip to content

Studenteforum vir Dienslewering gaan betoog teen vertraging met NSFAS-fondse

# Die Studenteforum vir Dienslewering betoog vandag by die hoofkantoor van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding in Pretoria oor uitstaande fondse wat aan studente verskuldig is. Die forum sê hy is teleurgesteld oor minister Blade Nzimande se oënskynlike gebrek aan belangstelling om die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente aanspreeklik te hou vir die geld wat studente moet ontvang. Nhongo Solo van die forum sê studente se oproep om administratiewe veranderinge binne die skema moet ook ernstig opgeneem word.