# Studentedokters doen ‘n beroep op die Departement van Gesondheid om hulle van werk te voorsien na voltooiing van hul studies en gemeenskapsdiens. Die studente het ‘n petisie aan die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging voorgelê en sê die aantal werklose gegradueerdes het baie toegeneem. In die Oos-Kaap dring die studente daarop aan om van hul beurse vrygestel te word sodat hulle werksgeleenthede in ander provinsies kan navolg. Hulle sê die provinsie laat hulle nie toe om dit te doen nie, maar bied hulle ook nie werk aan nie.