Skip to content

Sterre soos Billie Eilish, Stevie Nicks, en Sting lei LA FireAid-bystandkonsert

# Van die grootste musieksterre soos Billie Eilish, Katy Perry en Stevie Nicks lei later die maand ‘n bystandkonsert genaamd FireAid by die Inuit Dome en Kia Forum in Los Angeles. Die konsert is ten bate van diegene wat getref is deur die dodelike brande in Los Angeles. Onder die ander kunstenaars wat optree is Joni Mitchell, Sting, Lady Gaga en Earth, Wind and Fire. Die organiseerders sê bydraes tot FireAid sal versprei word onder die Annenberg-stigting vir korttermynbystandpogings en langtermyn-inisiatiewe om toekomstige brandrampe te voorkom.