# Statistieke Suid-Afrika het ʼn jaar-tot-jaar-verhoging van 4,7-persent in mynbouproduksie vir September aangekondig, op die rug van sterk vertonings deur metale in die platinumgroep, ystererts en mangaan. Steenkool en goud het egter gedaal. Mineraalverkope het ook met agt-persent toegeneem met goud en mangaan aan die voorpunt, terwyl die platinum-groep metale ‘n daling getoon het. Juan-Pierre Terblanche van Statistieke Suid-Afrika sê die mynbousektor het in die geheel tekens van herstel getoon ten spyte van ‘n paar uitdagings:
Statistieke SA rapporteer sterk 4,7% jaar-tot-jaar groei in mynbou [KLANK]
AFR TerblancheOnMining