# Die Stad Tshwane sê hy sal voortgaan om onwettige straathandelaars in die Sunnyside-omgewing in Pretoria te verwyder. Hulle het verskeie geleenthede gekry om aansoek te doen vir handelslisensies en het versuim om daaraan te voldoen. Onwettige bedrywighede heers onder die handelaars wat enigiets verkoop van tweedehandse goedere tot kos wat op tafels uitgepak is en goedere vanuit bokse wat op die sypaadjie staan. Daar is spesifieke verordenings rondom die kwessie van onwettige handel. Die Tshwane-metropolisie se woordvoerder, Isaac Mahamba, sê lukrake inspeksies sal gehou word om onwettige handelaars te verhoed om winkels op te rig.
Stad Tshwane sal voortgaan om onwettige straathandelaars te verwyder