# Die Stad Tshwane sê inwoners van Moreletapark wat verlede maand onder oorstromings deurgeloop het, skynbaar vanaf ‘n nabygeleë reservoir, kan nou eise indien vir hul skade. Die reservoir het oorgeloop voordat Rand Water beplande instandhoudingswerk kon doen. Die stad se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê klaers kan ‘n eisvorm invul en dit saam met die nodige dokumente by Tshwane se Regsafdeling indien. Hy sê die metro sal dan die eis by sy makelaar inhandig.
Stad Tshwane help inwoners van Moreletapark met skade-eise ná oorstromings