# Die minister van Menslike Nedersettings, Mmamoloko Kubayi, het Kaapstad se versoek dat noodbefondsing na plaaslike regerings afgewentel word, verwerp. Dit terwyl die Wes-Kaap deur reën en sterk wind geteister word. Sewe-en-dertig gebiede wat Khayelitsha, Gugulethu, Tafelsig en Ocean View insluit, is die swaarste getref. Kubayi, wat gister ʼn afvaardiging na die Kaapse Vlakte gelei het, sê die nasionale regering het verantwoordelikheid vir noodbefondsing weens swak prestasie van munisipaliteite en die provinsiale regering weggeneem.
Stad Kaapstad se versoek dat noodbefondsing na plaaslike regering afgewentel word, is verwerp